Tuna-pasta gereg
2 blikkies tuna
500g pasta rys (lyk soos ryskorrels)
1 ui
1 pakkie sampioene
1 houertjie vars room
1 koppie mayonnaise
Kaas
2 eiers
Broodkrummels (opsioneel)
2 koppies stir fry groente (opsioneel)
Bietjie botter en olyfolie
1.
Verhit die oond by 180◦.
2.
Kook die pasta tot amper sag. Dreineer en gooi dit in oondbak.
3.
Dreineer die tuna en vlok dit liggies met ‘n vurk.
4.
Braai die uie en sampioene tot lig bruin in die die
botter en olyfolie.
5.
Voeg die tuna en room by.
6.
Voeg die mengsel by die pasta en roer liggies deur.
7.
Klits die eiers en roer dit met ‘n vurk deur die
pasta-mengsel.
8.
Stooi die broodkrummels en kaas in verskillende lagies.
9.
Bak in voorverhitte oond tot gaar en bruin.
10.
Dien op saam met ‘n heerlike somerslaai.
No comments:
Post a Comment