Blitsige kaasbroodjies
Vanaand wil jy ‘n vleisie
braai
Jy het klaar ‘n heerlike
slaai
Wat kan jy nog op die bord
laai?
Die volgende treffer sal
beslis koning kraai!
1 pakkie Potato Bake
250 ml room
gerasperde kaas
4 broodrolletjies
paprika/pietersielie/sout/swartpeper
(opsioneel)
1.
Voorverhit
die oond tot 180˚.
2.
Sny
die broodrolletjies oop en pak dit in ‘n gesmeerde oondpan.
3.
Meng
die Potato Bake en die room.
4.
Gooi
dit bo-oor die broodrolletjies.
5.
Strooi
gerasperde kaas bo-oor.
6.
Geur
na smaak met paprika, pietersielie, sout en swartpeper.
7.
Bak
in oond tot gaar en kaas gesmelt het.
No comments:
Post a Comment