Hierdie resep kom al saam met my van graad 10 af toe 'n huishoudkunde juffrou ons geleer het om 'n ordentlike witsous aanmekaar te slaan. (Ek wil net noem dat ek daardie tyd Skeinat gelos het sodat my periodes inpas om in die spesifieke juffrou se klas te wees.) Tot vandag toe is 'n witsous die een ding wat ek WEET ek maar KAN maak! Die witsous maak hierdie gereg, so indien jy dit wil uitoefen...doen dit op die regte manier - in 'n pot, op die stoof...dis wat ek glo die geheim agter 'n egte witsous is. Ek moet eerlik wees- ek het nog nooit die tyd geneem wat dit my vat om te maak nie, maar as ek moet raai - ek glo nie veel meer as 'n halfuur nie. GENIET!
Bestandele (porsie vir 3 - 4):
Macaroni (250g)
Botter (45g/ml)
koekmeel (45ml)
melk (400 ml)
Gerasperde kaas ( 1 1/2 Koppie)
Tamatie (opsioneel)
paprika; mixed herbs; origanum; sout; peper; mostertpoeier
Instruksies:
- Skakel oond aan op 180 grade celsius
- Sit Macaroni in kookwater, met sout en bietjie olie op die stoof. Sit plaat op hoog en los los om te kook. Roer elke nou en dan.
- Smelt die botter in 'n ander kastrol.
- Gooi die meel by die botter en roer sodat dit 'n roux vorm (die botter moet die meel omsluit).
- Haal van die hitte af en gooi die melk alles op eenslag by. Sit weer terug op hitte en roer.
- Wanneer die sous begin kook (sien borrels) laat dit vir 2 minute staan om te kook. Die sous sal dan verdik.
- Haal van hitte af en voeg geurmiddels by na smaak. 'n Aanbeveling is 'n halwe koppie kaas in die sous.
- Onthou om die macaroni deurentyd dop te hou. Wanneer dit gaar is gooi in jou opdienbak.
- Gooi die witsous eweredig bo-oor. Strooi kaas bo op gereg en plaas tamatiesnye bo-op soos gepas.
- IDEE: Bacon is ook baie lekker in die dis Dit sal by die sous gevoeg word aan die heel einde.
- Plaas bak in die oond vir ogeveer 15 min op"grill."
- Haal uit en dien op!
Lekker eet!
No comments:
Post a Comment