Hierdie is 'n slaai wat ek aanmekaar geslaan het toe ek besluit het dis tyd om meer gesond te eet. Moet erken... dit was heerlik! Die hoeveelhede in die resep behoor so 4 mense te voed.
Benodig:
- 4 Ontbeende Hoenderborsies opgesny in repe,
- 'n Pak Bacon (of twee - hang af hoe mal jul oor Bacon is!)
- Mushrooms
- Pakkie Cherrie tamatoes
- Blaarslaai
- Feta
- olywe (soort is jou keuse)
- neute (cashews of en amandels)
- Franse brood
Sny die franse brood in stukkies. Sit 'n lagie Olyfolie op en sit in die oond om te grill. Braai die Bacon en mushrooms saam in 'n pan. Gebruik die orige bacon vet om die hoender te braai en geur na smaak ( ek het mixed herbs, bietjie suurlemoen sap en paprica gebruik.) Gooi al die bestandele saam! Haalbroodjies uit die oond wanneer hul 'n effense bruin kleur kry en bedien saam met die slaai.
Balsamic vinegar is BAIE lekker saam met die slaai., Of enige ander slaaisous van jou keuse.
Geniet!
No comments:
Post a Comment