Heerlike sampioen en broccoli sop
( Genoeg vir 4 mense)
Bestandele:
1 ui fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gekap
1 “greenpepper”
250g spek gesnipper
250g sampioene gerasper
1 pakkie broccoli gerasper
1 blikkie vars room
850ml melk
1 pakkie sampioensoppoeier
Bietjie olie om uie mee te braai.
Metode:
Braai die ui, knoffel, spek en‘greenpepper’ in ‘n kastrol.
Voeg sampioene en broccoli by.
Voeg soppoeier by en roer die melk en room in.
Prut tot dik. Geur met sout en growwe peper.
Deur: Jeanne-Mari du Plessis
No comments:
Post a Comment