Wednesday, August 13, 2014

Danielle van der Westhuizen

Vandag het ons die eer om 'n resep te ontvang van 'n baie bekwame student wat tans hier haar prakties doen. Sy verlaat ons môre, maar ek glo sy een is een van die wat die kinders sal onthou. Ons wens haar alle voorspoed vorentoe!

SPEK-JASSIE AARTAPELS
BESTANDELE:


“Baba” aartapeltjies / aartapels middel deur gesny        - 8 aartapels gehalfeer
Spek repies                                                                        - 2 pakke spek
Sampioene                                                                         - 1 pak
Botter                                                                         - 125ml
Sout                                                                             - Knippie
Peper                                                                                    - Knippie

METODE:
Sny die aartapels in die helfde. Plaas die aartapels in ‘n mikrogolf vriendelike glas bak. Voeg water by sodat al die aartapels bedek is en kook in die mikrogolf vir  10 minute. Laat die aartapels afkoel en voorverhit die oond op 180°C. Hierna neem jy elke aartapel en draai dit toe met ‘n repie spek. Om te verseker dat die spek nie loskom nie, steek dit vas met ‘n tandestokkie. Plaas die toegedraaide aartapels in ‘n oondvastebak. Spoel die sampioene af en voeg dit tussen die aartapels. Smelt die botter en voeg dit bo-oor die toegedraaide aartapels. Voeg spesirye by na smaak. Plaas in die oond vir 25 minute of tot die aartapels sag en die spek bros is.

WENK:
‘n Ander opsie sal ook wees om kaas bo-oor te rasper voor dit in die oond geplaas word. Die kaas sal smelt en goudbruin bo-op verkleur.


Dit is ‘n heerlike en maklike resep vir aartapels wat saam met kook kos of ‘n vleisie op die kole geniet kan word. . Dit is ‘n resep waarmee die kinders kan help, veral wanneer dit kom by die aartapels se “jassies” aantrek Hou jou lyf Hilda en pas die resep aan om by die geleentheid te pas. 

No comments:

Post a Comment