Ek het hierdie resep raakgeloop op die volgende webadres: http://www.dievryburger.co.za/2014/07/vir-die-huisvrou-spinasietert/
Hierdie is een wat ek defnitief nog gaan uitprobeer! Indien iemand dit voor my doen, laat weet ons hoe dit proe ;)
spinasietert:
Bestanddele:
1 pakkie wit uiesoppoeier
250ml joghurt
1 houer maaskaas
3 eiers (geklits)
Gaar spinasie
Broodkrummels
Cheddarkaas (gerasper)
Metode:
- Meng die uiesoppoeier en joghurt. Voeg die maaskaas by. Skep dit in ‘n gesmeerde tertbak.
- Voeg die geklitste eiers by die gaar spinasie en skep dit bo-oor die onderste laag
- Strooi die broodkrummels en kaas bo-oor.
- Bak vir 20 minute by 200 grade C.
No comments:
Post a Comment