Wednesday, August 27, 2014

Juf. Charlene Steenkamp

Somer, slaai en sosaties!
Die somer sluip al hoe nader en vir die van julle wat die wintervetjies wil afskud, dis nou die tyd om slaai te eet! Gewoonlik gebruik ek alles wat ek in my yskas het vir die slaai. Vandag lyk hy só:
·         Kropslaai
·         Spinasieblare
·         Fetakaas
·         Tamaties
·         Komkommer :
* Gebruik jou kleinste koekiedrukker en druk vormpies uit die komkommerstukkies – ek geniet dit altyd so en gaste is altyd verbaas en vra hoe het ek dit gemaak. Dis baie eenvoudig. Nodeloos om te sê, ek het vanaand oral na my hartjie koekiedrukker gesoek waarmee ek altyd my komkommerstukkies uitdruk en hy was net skoonveld!  Ek kon darem vir julle ‘n foto op die internet kry van ‘n blommetjie komkommer!
·         Wortels
·         Pynappel
·         Aarbeie
·         Gebraaide hoenderstukkies :
* Sny hoenderborsies in stukkies, doop in geklitsste eier en doop dan in Gold ‘n Crispy coating spice with Robertsons. (sien foto) Alternatief kan jy ook jou eie deegmengsel maak. Meng net meel en hoender- of steak en tjops speserye, dit werk net so goed. Braai dan in pan tot goudbruin. Maak seker die olie is warm voordat jy die hoenderstukkies insit.

Meng saam in groot slaaibak, sprinkel swartpeper en vars pietersielie bo-oor. Onthou van die lekker slaaisous! (Suthies slaaisous – resep hieronder)

Vir die kinders: Bedien die kinders se slaai in die vorm van sosaties, die kinders is mal daaroor. Gebruik net sosatiestokkies en sit groot stukke pynappel, komkommer, hoender en tamatie of aarbei daarop. Maklik, eenvoudig en gesond!

Vir die manne: Bedien die slaai met vars broodrolletjies of pitabroodjies, hummus en tzatziki. Die manne eet mos maar meer as ons dames. Ongelooflik vullend.








Probeer die heerlike slaaisous , wat jy kan geniet saam slaai, skyfies, hamburgers…enige iets! Ek het dit gekry van ‘n kosbare kollega in Pretoria. Sy het altyd vir my ‘n botteltjie gemaak. Toe ek na die Wes-Kaap verhuis, toe skryf sy die resep neer en nou moet ek dit maar self maak!
Suthies slaaisous
1 Bossie Pietersielie
½ Eetlepel knoffel
1 Klein uitjie – fyn gekap
½ Eetlepel gemengde speserye
½ Eetlepel mosterd
1 Bottel Mayonaise
2-3 Eetlepels suiker
·         Versap alles baie fyn. Laat afkoel.




















No comments:

Post a Comment