Die Mengelmoes Roerbraai
Vir een persoon kan die volgende benodighede ’n ordentlike bord kos verskaf:
• Sampioene (3x gemiddelde grootte)
• Spek (50g)
• Babamurgpampoentjies - “baby marrows” (1x behoorlike grootte)
• Baba tamaties (3x)
• Eier (1x)
• Panini broodjie (1x)
Braai die spek eerste in die pan. Wanneer die spek bruin raak voeg dan die tamaties, sampioene en babamurgpampoentjies by. Op die einde voeg dan die eier by as die sampioene reg lyk tot jou smaak. Roer die mengsel tot die eier gaar is. Die middagete vat nie eers 10 min om te maak nie. Geniet die Mengelmoes op enige brood of pannekoek.
Die Mengelmoes was gebore na ’n bedrywige week toe die jong meneer agter geraak het met sy merkwerk. Hy het huis toe gejaag met ’n maag wat brom soos ’n skoolkind voor pouse. Toe hy by die huis kom sit hy dadelik die pan op die plaat. Hy gooi toe die normale bestanddele vir ’n roerbraai bymekaar, maar besef toe die mengsel kort oemf. Die laaste groot goue eier staar toe vir hom uit die koskas...
Die Mengelmoes Roerbraai – vir die onderwyser wat agter is met merkwerk .
Lyk heerlik Meneer! Sal dit bietjie probeer as die werk druk in die aande... Ryne
ReplyDelete