Hierdie
is ‘n resep wat my ma met my gedeel het in die jaar wat ek begin werk het. Dit
is so maklik en dit flop nie! Hierdie resep is ‘n lewensredder, veral vir
daardie onverwagse gaste, of sommer maar net as jy nie tyd of lus het vir
kosmaak nie.
Bestanddele:
2 blikke
Tuna ( in sout water)
1 Pakkie
wit uie sop
2 Eiers
1 koppie
klein skulpies noodles (rou)
1 koppie
melk
1 koppie
gerasperde cheddar kaas
Speserye:
Rooi Peper
Mosterd
Poeier
Aromat
Italiaanse
Kruie
Fyn gekapte
pietersielie
Metode:
- Kook noodles totdat dit amper heeltemal
gaar is.
- In ‘n mengbak meng jy die volgende:
Tuna (met die water)
2 Eiers
Koppie melk
Uie sop
Kaas
Melk
Speserye na smaak. (mosterd poeier is beslis ‘n
moet! En pietersielie laat dit baie mooi lyk)
- Dreineer gaar noodles en voeg by mengsel
in bak. Meng goed.
- Plaas mengsel in ‘n groot tert bak wat
gesmeer is of Spray and Cook. Plaas bak in voorverhitte oond teen 180°C
vir ± 30 minute tot dit geset is.
- Bedien warm of koud (Warm die lekkerste)
met groente en/of slaai.
Variasies:
Ek kap
somtyds sprietuie by, dit gee ‘n heerlike smaak.
‘n Mens kan
ook rou mushrooms wat rofweg gekap is byvoeg.
Feta kaas
en olywe is ook ‘n lekker afleiding by dit wees.
Enige iets
is moontlik met hierdie basis resep, lekker net so of met ekstra’s!
No comments:
Post a Comment