Thursday, September 18, 2014

Mare-Lee Louw

Gebakte broccoli-hoender
Genoeg vir 4 mense


Bestandele
250 g broccoli
15 ml (1 e) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny
Sous
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ k) mayonnaise
15 ml (1 e) kerriepoeier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
2. Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
3. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
Metode
1. Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier saam. Geur met sout en peper.
2. Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
3. Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 minute tot goudbruin en gaar


Wednesday, September 10, 2014

Corna Cooke

HOENDERGEREG

16 Hoenderdye
1 koppie blatjang
1 koppie droe witwyn
1 koppie pitlose rosyne
1 t Tiemie

Geursel:  Sout hoender soos volg:
3 Eetl. Meelblom en 1 t kerriepoeier.  Sit in plastiese sakkie met hoender en skud goed sodat hoender bedek is.

Plaas die hoender in bak waarin sous reeds is.  Bak in oond in bedekte bak vir ongeveer 1 uur.  Draai stukke na 30 minute om.
 Bedien saam met basmatie rys en ‘n groenslaai.


Hierdie klink heerlik!

Monday, September 8, 2014

Elsa Gous

Hierdie is ‘n resep wat my ma met my gedeel het in die jaar wat ek begin werk het. Dit is so maklik en dit flop nie! Hierdie resep is ‘n lewensredder, veral vir daardie onverwagse gaste, of sommer maar net as jy nie tyd of lus het vir kosmaak nie. 



Maklike Tuna Quiche/Tert
Bestanddele:
2 blikke Tuna ( in sout water)
1 Pakkie wit uie sop
2 Eiers
1 koppie klein skulpies noodles (rou)
1 koppie melk
1 koppie gerasperde cheddar kaas
Speserye:
Rooi Peper
Mosterd Poeier
Aromat
Italiaanse Kruie
Fyn gekapte pietersielie

Metode:
  1. Kook noodles totdat dit amper heeltemal gaar is.
  2. In ‘n mengbak meng jy die volgende:
Tuna (met die water)
2 Eiers
Koppie melk
Uie sop
Kaas
Melk
Speserye na smaak. (mosterd poeier is beslis ‘n moet! En pietersielie laat dit baie mooi lyk)
  1. Dreineer gaar noodles en voeg by mengsel in bak. Meng goed.
  2. Plaas mengsel in ‘n groot tert bak wat gesmeer is of Spray and Cook. Plaas bak in voorverhitte oond teen 180°C vir ± 30 minute tot dit geset is.
  3. Bedien warm of koud (Warm die lekkerste) met groente en/of slaai.

Variasies:
Ek kap somtyds sprietuie by, dit gee ‘n heerlike smaak.
‘n Mens kan ook rou mushrooms wat rofweg gekap is byvoeg.
Feta kaas en olywe is ook ‘n lekker afleiding by dit wees.

Enige iets is moontlik met hierdie basis resep, lekker net so of met ekstra’s!

Thursday, September 4, 2014

Met liefde...

Liewe Lochie ondersteuners

Ek moet omverskoning vra vir die paar dae wat daar nie nuwe resepte opgesit is nie. Dinge gaan bietjie dol die week! Maar van volgende week af is ons weer volstoom aan die gang. So... wees gereed om weer lekker te eet!


Monday, September 1, 2014

Juf. Anker

Lekker hoender en bacon slaai

Hierdie is 'n slaai wat ek aanmekaar geslaan het toe ek besluit het dis tyd om meer gesond te eet. Moet erken... dit was heerlik! Die hoeveelhede in die resep behoor so 4 mense te voed.

Benodig:
  • 4 Ontbeende Hoenderborsies opgesny in repe,
  • 'n Pak Bacon (of twee - hang af hoe mal jul oor Bacon is!)
  • Mushrooms
  • Pakkie Cherrie tamatoes
  • Blaarslaai 
  • Feta
  • olywe (soort is jou keuse)
  • neute (cashews of en amandels)
  • Franse brood

Sny die franse brood in stukkies. Sit 'n lagie Olyfolie op en sit in die oond om te grill. Braai die Bacon en mushrooms saam in 'n pan. Gebruik die orige bacon vet om die hoender te braai en geur na smaak ( ek het mixed herbs, bietjie suurlemoen sap en paprica gebruik.) Gooi al die bestandele saam! Haalbroodjies uit die oond wanneer hul 'n effense bruin kleur kry en bedien saam met die slaai. 



Balsamic vinegar is BAIE lekker saam met die slaai., Of enige ander slaaisous van jou keuse.

Geniet!