Welkom by Laerskool Lochnerhof se eerste eie resepte blog! Hierdie blog is daar om mekaar te help deur idees en resepte van toeka tot nou met mekaar te deel.
Tussen werk, kinders heen-en-weer ry en die algemene eise wat 'n normale dag stel, raak kosmaak soms die laaste prioriteit, maar tog is dit so noodsaaklik!
Hier sal jy resepte vind wat nie net heerlik en bekostigbaar is nie, maar ook binne 'n halfuur voorberei kan word.
Word deel van die Lochie-gemeenskap en stuur ook jou wonderlike treffer-resepte in. Jy moet jou resep (wat binne 'n halfuur voorberei kan word) uitskryf in mooi Afrikaans, 'n foto byvoeg en 'n kort storietjie daaroor skryf. Stuur dit dan aan die volgende e-posadres: esmemari@gmail.com